Gedagte vir die dag: Sy het omgegee

Sonsondergang - Boekevat - Foto: C Brits

Foto: Christo Brits

Moet julle nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. (Matteus 6:34)

Vroue bekommer hulle wel, maar ons verkies om te sê ons gee om. Hoe dikwels het ons al gehoor dat Mamma omgegee het? Slegs haar liefde kon by haar omgee kom. Sy kon nie aan die slaap raak voordat sy geweet het al haar kinders is vas aan die slaap en veilig nie. Sy kon nie ’n maaltyd geëet het voordat sy geweet het hulle is gevoed nie. Sy kon nie heeltemal deur die dag ontspan nie totdat die skoolbus met haar kinders voor die huis opgedaag het. Ja, sy was bekommerd. Oeps! Ek bedoel: Sy het omgegee. Sy het so baie omgegee dat daardie selfde omgee aan die volgende generasie oorgedra is. Wanneer ek tyd saam met my susters en broer deurbring, kom ek agter hoeveel ons vir ons gesinne omgee. Ongelooflik, of hoe? Die dinge wat ons as ’n bietjie te erg ervaar het toe ons kinders was, is dinge wat ons nou self doen en wat ons omgee noem.

Seën al die ma’s wat omgee, Here. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

linda limbo ·

dankie ook vir die vooreg om mamma te wees
ek veruil dit vir niks
die liefde wat ons het kom van ons Koning van ♥ af

Michelle ·

Dankie dat ek ook vandag kan omgee vir my kinders soos my ma vir ons omgegee het. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.