Gedagte vir die dag: Sy kreatiwiteit moet onthou word

reenboog-01

Foto:
Binyamin Mellish/Pexels.com

Sy wonders sal altyd onthou word. Genadig en barmhartig is ons Here! (Psalm 111:4)

Baie mense probeer Christus navolg, maar hulle misluk klaaglik omdat hulle Hom nie ken nie. As ons Hom en sy werk liefhet, sal ons Hom bestudeer en sy weë ken. God het ’n oop boek gevul met alles wat ons nodig het om van Hom te weet en hoe om die ewigheid saam met Hom deur te bring en sy kreatiwiteit te geniet. Dit vra egter van ons om daardie boek oop te maak en die geskrewe Woord te verslind. O, om soos Hy te kan wees!

Here, U is die Een ware Skepper van alles. Help ons om U lief te hê en ook dat ons u talente so lief sal hê dat ons tot diep in die bladsye van u Woord sal reik en U sal toelaat om vir ons u tydlose waarhede te leer. Amen

Bron:
Wysheid uit die Woord deur Troy Johnsen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.