Gedagte vir die dag: Sy regterhand

Wolke_wederkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. (Efesiërs 1:19-20)

Waar is Christus? Langs God op die troon (Hebreërs 12:2). In terme van sy menslike liggaam, is Christus op een plek, en slegs een.

Maar ten spyte van sy vaste posisie aan God se regterhand, is Jesus nou hier, en lewe Hy in ons (Galasiërs 2:20). As Hy gelyktydig lewe in heiliges én sondaars, hoeveel te meer sal Hy nie in ons kan woon in die wêreld wat kom waar geen sonde ons meer van Hom sal skei nie? Op die nuwe aarde sal ons Jesus moontlik gereeld direk met ons hoor praat in ’n onverhinderde tweerigtinggesprek, hetsy ons honderde kilometers ver op ’n ander planeet van die nuwe aarde is, of duisende ligjare weg in die nuwe heelal.

Ons smag na intimiteit met Jesus; en ons ervaar die meeste lewe en vryheid wanneer ons dit besef en najaag. – Scotty Smith

Bron:  In die Teenwoordigheid van Jesus deur Randy Alcorn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.