Gedagte vir die dag:  Sy sagte oë rus op jou!

see_sonsopkoms_hart_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes nie – hulle wat dag en nag na Hom roep? Sal Hy aanhou om hulle geduld te toets? Ek sê vir julle: Hy sal aan hulle reg laat geskied, en baie gou ook! (Lukas 18:7-8a)

In Lukas 18 vertel Jesus se gelykenis van die weduwee wat elke dag by die hof gaan staan het en by die regter gepleit het om haar saak aan te hoor en aan haar reg te laat geskied teen haar opponent. Vir ’n tyd lank was die ongelowige regter onwillig, maar het tog later ingestem om haar saak te behartig … moontlik net om van haar geneul ontslae te raak.

Jesus maak hierna die punt dat, as ’n onregverdige en on[1]gelowige mens wel op die punt kan kom om met sagter oë na mense te kyk, hoeveel te meer sal God – dié groot Regverdige Verlosser – na ons omsien.

Wanneer jy op die punt kom wat dit vir jou voel of niemand meer omgee nie, jy eenvoudig nie al die teenslae van die wêreld kan hanteer nie, weet dan: Daar ís ’n God wat jou, jou omstandighede en jou hart ken en sag na jou kyk.

Dankie dat U wat God is na mý – kleine mens – met liefde kyk.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annie ·

… hulle geduld. Ons is verwaand. Sy geduld met ons. Dit is hoogtyd dat ons tot inkeer kom. Orals in die Bybel waar pes, nou hoogdrawend pandemie, genoem word het dit te make met die ongehoorsaamheid van die mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.