Gedagte vir die dag:  Sy vrede is ín jou

vrou_bybel_bid_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie. (Johannes 14:27)  

God leef nie net elke dag hier tussen ons nie, Hy sélf leef ín ons. Dis die gemoedsrus wat Jesus vir sy dissipels gee kort voor sy kruisiging wanneer Hy sê dat die Heilige Gees in sy plek sal kom. Hy sal, sê Jesus vir hulle – vir elkeen van sy kinders – ’n Trooster, Raadgewer … die Bron van krag wees.

Weereens verwoord Sheila Cussons

ierdie werklikheid so mooi aan die einde van haar gedig “Gebed vir dié in die wêreld”:

Dankie vir die gladder as asemhaling heen en weer / tussen U en ons; dat tyd en ewigheid / mekaar deurdring, nie twee is nie maar een. / Dankie, God, vir dié wonder, waarin die harde seer / wat wêreld is, sagter as asem oplos en verdwyn.

Dat God self in jou is, beteken dat jy nooit alleen is nie. Hy deurdring jou wese om jou te gee wat jy nodig het. Raad. Hoop. Krag. Troos … Ja, Hy los seer op.

U asemhaling in my. O, Here, u sélf – u vrede – ín my …

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.