Gedagte vir die dag: Sy wil in my lewe

Son_water_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Laat u koninkryk kom. Laat u wil hier op aarde uitgevoer word soos in die hemel. (Matteus 6:10)

Die koninkryk van God is ’n Nuwe-Testamentiese begrip en dit het sentraal gestaan in Jesus se prediking. Dit verwys na meer as ’n plek, dit is baie meer as tyd en ruimte. Dit is ook nie die kerk nie. Dit verwys na God se allesoorheersende heerskappy – daar waar Hy die Koning is. Wanneer ons bid dat God se koninkryk moet kom, bid ons dat Hy Here sal wees op al die plekke – veral daar waar Hy nog nie heers nie. Dit kan plekke in die wêreld wees of die harte van mense wat hulle nog nie aan Hom onderwerp het nie. Dit beteken ook dat ek my eie wil aan sy wil sal onderwerp sodat Hy die Alleenheerser in my lewe sal wees.

Hemelse Vader, dit is my vreugde om u wil te doen. Amen.

Bron: My gunsteling Bybel oordenkings
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here dat U in beheer is….altyd en tot in alle ewigheid…..wees my genadig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.