Gedagte vir die dag: Systap skadelike  gewoontes

hande_stiltetyd_oud_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Toe Ek honger was, het julle nie vir My kos gegee nie; toe Ek dors was, het julle nie vir My iets gegee om te drink nie. (Matteus 25:42)

Ons borsel ons tande elke dag op dieselfde manier. Ons trek óf ons linkerskoen óf ons regterskoen eerste aan. Ons ry met dieselfde roete kerk toe en werk toe. Vaste roetines in ons lewe gebeur outomaties. Ons dink nie eens hieroor nie. ’n Studie wat ’n paar jaar gelede by Duke University in die VSA gedoen is, het bevind dat tot soveel as 40% van ons daaglikse handelinge roetines en gewoontes is. Daar is niks verkeerd met sulke goeie roetines nie. Dit is die slegte gewoontes wat ons uitboul. Goor gewoontes, soos om aanhoudend te veel te drink of te eet, pornografie te beloer, en dies meer, is vernietigend. Dit moet lig gegee word, God se lig!

Doelbewuste keuses om vernietigende gewoontes in die oë te kyk en te laat staan, is die enigste uitweg. Dit begin by professionele hulp indien slegte gewoontes verslawend geraak het. Hiermee saam is vars geloofsgewoontes ook nodig wat ons aandag op kreatiewe maniere na die Here toe verskuif. Bid meer dikwels deur die dag. Lees die Bybel op ander tye as gewoonlik. Doen elke dag in Jesus se Naam iets goeds vir iemand. Sien elke dag iets nuuts van God se goedheid in jou lewe raak.

Bron: ‘n Veilige Vesting deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SomeOne ·

dankie stephan vir sulke inspirerende woorde omtrent elke dag

Ovelia ·

N staats hospitaal… Sebokeng is so erg verwaarloos dat mense wat wel daar uitkom behandeling moet ontvang. Vuil verwaarloos, verpleegpersoneel wt ni omgee nie doen n beroep op julle om deur HELE hospitaal te beweeg

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.