Gedagte vir die dag: Takt en wysheid

 voetpad-brug-pixabay-stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Hierdie wysheid bring jou in die regte verhouding met God, en jy moet dit gebruik om vrede te maak. (Jakobus 3:18)

Jakobus skryf dat elkeen wat wysheid nodig het dit met vertroue van God kan vra, want God is bereid om sy wysheid te gee vir elkeen wat glo (vgl. Jak. 1:5-6). Hierdie wysheid leer ons om anders te lewe as voorheen, om in die regte verhouding met God te kom en in vrede met ander mense saam te leef.

Om ’n vredemaker in die wêreld te wees verg takt en wysheid, dié soort wysheid wat God alleen vir jou kan gee. Vra Hom daarvoor.

Daar is geen kortpad na wysheid nie. Dit vra nie geleerdheid nie, maar ondervinding. Want ons word deur die lewe self geoefen in goeie begrip en aanvoeling. ~ Piet Naudé

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.