Gedagte vir die dag: Te midde van krisis

vrede_dam.jpg

Foto: harvestministryteams.com

Vrede vir julle! (Luk 24:36)

Vrede is nie bloot ’n salige gevoel gestroop van die spanninge van bekommernis nie. Dis baie meer. Vrede is die teenwoordigheid en heerskappy van God.

Waar God regeer en in beheer is, is daar vrede. Dis ’n toestand van agting vir en aanbidding van God. Jesus is die Koning van die koninkryk. Waar Hy gaan, bring Hy die heerskappy van God.

Waar Hy gaan, bring Hy die vrede van God. Daarom is Hy die groot Vredemaker. Daarom kan mense, selfs te midde van groot krisis, die beheer en teenwoordigheid van God ervaar en in sy vrede bewaar word. Vrede is meer as ’n gevoel. Dis die realiteit van God. Paulus praat van ’n vrede “wat alle verstand te bowe gaan” (Fil 4:7). Dís die vrede van God.

As vrede jou ontwyk, kan jy die volgende bid: “Here, is ek in iets aan U ongehoorsaam?” en “Here, wys asseblief vir my waar U in hierdie situasie is.” Soek die gesag van God in jou lewe.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.