Gedagte vir die dag: Teen watter koste

sonsondergang_voels_vlieg_water_dam.jpg

Foto: werathah.com

Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie? (Matt 6:26)

Die waarde van ʼn mens is asemrowend. Het jy geweet dat niks, nie eens sonde nie, kan die waarde van ʼn mens verwoes nie? Prestasies (of die gebrek daaraan) bepaal nie ʼn mens se waarde nie. Geld, status, titels, kultuur, herkoms, ras, opvoeding, dade of enigiets anders bepaal nie ʼn mens se waarde nie.

Net Gód bepaal die waarde van ʼn mens. En weet jy watter waarde heg God aan die mens? So baie dat Hy sy eniggebore Seun gee om die mens vry te koop van die mag van die sonde en die dood. Geen geskape wese word só na waarde geskat nie. Dít is wat God van jou dink – met al jou foute en gebreke.

Al kry die Satan dit reg om jou waarde, en die waarde van dié om jou, in jou oë te vernietig, raak dit God glad nie. Hy weet wat die waarheid is en tree daarvolgens op.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.