Gedagte vir die dag: Tel jou kruis op

Knysna_Berg_twee_manne_stap_see.jpg

Foto: Melanie Schlenter

Ons het ’n groot behoefte aan mense wat bereid is om aan God gehoorsaam te wees, al haal dit hulle die gramskap van hul naaste op die hals. Mense wat lief sal hê waar niemand anders saamstem nie en onder die gesag van God sal staan al beur geeneen daarheen nie. Ons het ’n behoefte aan mense wat soos Josua sê: “Ek en my huisgesin sal die Here aanbid.” Die vraag is net, wat is ons bereid om op te gee om aan God gehoorsaam te wees?

Ek en my huisgesin sal die Here aanbid. (Josua 24:15)

Jesus het toe vir sy dissipels gesê: “As julle my volgelinge wil wees, moet julle julle eie ek prysgee, julle kruis op julle skouers neem, en agter My aan kom.” (Matteus 16:24)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elsa ·

Ek en my huis al die Here dien . Ons as n huis gesin het deur baie gegaaan die afgelope 5 jaar en weet jy almal het ons gelos aan ons eie , behalwe die Here. Hy het ons gedra elke dag en ons het vandag beter mense geword deur aan Jesus vas te hou. So niemand sal my ander oortuig nie. Hy is my Alfa en Omega. Die Begin en die Einde . Ek is lief vir U Here met my hele hart en hele siel en al my kragte

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.