Gedagte vir die dag: Tel jou woorde

stiltetyd-paartjie-stilte-pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie lelike goed van mekaar sê nie. As julle lelike dinge van ’n medegelowige sê of ’n medegelowige kritiseer, dan kritiseer julle die wet. En as julle die wet kritiseer, is julle nie daders van die wet nie, maar regters. (Jakobus 4:11)

Ons is baie vinnig om etikette om mense se nekke te hang. Wanneer ’n mens iemand eers ’n bepaalde etiket gegee het, is dit baie moeilik om enigiets anders raak te sien. ’n Etiket skakel die moontlikheid van verandering uit.

Die heel ergste soort etiket is om mense se harte te veroordeel: om die vinger na ander te wys en te sê hulle is sleg en verdien straf. Die Bybel waarsku hierteen: “Net God – Hý wat die wet gemaak het – kan as Regter oor ons optree. Net Hý het die mag om te verlos of te vernietig. Dit is dus baie duidelik dat julle nie regter oor julle naaste kan speel nie” (Jakobus 4:12).

Ons mag nooit probeer om God te speel en mense se name in die proses swartsmeer nie. In plaas daarvan moet ons ons naaste liefhê soos onsself en opstaan vir ander mense met die soort liefde wat steeds bly vertrou, aanhou hoop en alles verduur (1 Korintiërs 13:7). Ons moet ons woorde gebruik om hulle op te hef en vertrou dat God sy belofte sal nakom om die werk af te handel wat Hy begin het. Ons moet genade betoon aan ander omdat Hy genade aan ons betoon het.

Here, weerhou ons asseblief daarvan om ander mense te beswadder. Laat ons woorde u liefde weerspieël. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Here dat ek kan bid oor hierdie saak..U genade is vir my genoeg