Gedagte vir die dag: Teleurstelling of heerlikheid?

Foto: imageprest.com

Foto: imageprest.com

Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. (Matt 6:21)

En waar jou hart is, daar is jou fokus. Waar jou fokus is, daar is jou bestemming. Salomo skryf: “Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe” (Spr. 4:23, 1953-vertaling). Dit wat aards is, is bestem om te vergaan. As jou hart en fokus op die aardse is, is jou bestemming verganklik en reeds op die rand van groot teleurstelling.

Dit beteken Jesus sê eintlik: “Jy besef dit dalk nie, maar jou uiteindelike bestemming is in jou hande. Moenie ʼn dwaas wees en ʼn ewige, heerlike bestemming verruil vir as en roet nie! Draai jou hart na God toe. Fokus op dit waarop Hy fokus en kry as beloning die heerlikhede van sy koninkryk sonder einde.”

Stuur jy af op teleurstelling of op heerlikheid? Waar is jou skatte? Waar is jou hart? Waar is jou fokus? Dáár lê jou bestemming. Stuur jy af op verlies of wins? Wat sê God van jou lewe?

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.