Gedagte vir die dag: Terug na die werklikheid

 bid_kniel_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Wanneer mense roep om hulp, hoor die Here. Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle. Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is. Die regverdige kan baie rampe ervaar, maar uit elkeen van hulle red die Here hom. Want die Here beskerm selfs elke been. Nie een van hulle sal gebreek word nie. (Psalm 34:18-2)

Een van die goeie newe-effekte van ’n gebroke gees is dat dit ons terugdryf na God, gewoonlik op ons knieë. Om deur die verraad of die onverskilligheid van ander verneder te word, kan folterend wees, maar tog so goed. Want wanneer jy met jou gesig in die modder lê, dink jy nooit gedagtes soos: “Ek is onoorwinlik!” of: “Ek het God nie nodig nie!”

Die psalmis is eerlik omtrent die feit dat ons baie moeilikhede sal hê. Die verskil tussen oorwinning en neerlaag, sieraad en as, lê egter in wat ons met daardie moeilikhede dóén – waarheen ons dapper genoeg is om dit, en onsself, te neem.

Sal jy jou verwarring, kritiek, oneer of skande na die troon van jou lewende, liefdevolle God neem?

Vader, ek is verbyster, beledig en met ontsetting vervul. Ek sal met my teleurstelling hardloop na U toe. Hou my asseblief vas en steek my weg. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Genieve ·

Dankie Here dat U my helper is,dankie dat u my opnuuts heelmaak.Soms voel ek stukkend maar dankie dat u daar is in alle omstandighede.

Flip ·

Dankie vir die boodskap. Ek en my gesin gaan deur n mooike finansiele tyd en word beproef met groot terugslae maar ek weet God hoor ons gebede en in die tyd bewys Hy sy Grootheid aan ons. Hy sal alles tengoede laat meewerk

Flip ·

In die moeilike tyd wat ek en my gesin in is is dit wonderlik om te lees en hoor van God se Grootheid en liefde. Ons word erg beproef maar God bewys vir ons genade en ek glo Hy sal alles tengoede laat meewerk. Dit was n moeilike 2 dae maar vandag lees ek weer waar na toe ek daarmee kan gaan na God toe! Dankie

w ·

Ek is verneder deur n ontroue man. Ek lees wat God vir my se maar tog voel ek dat?ek nie kan vergewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.