
Foto: pixabay.com
Gelukkig is dié mense wat weet hoe nodig hulle God het, want die koninkryk van die hemele is húlle deel. (Matteus 5:3)
Wanneer jy besef dat jy God nodig het, begin jy verstaan hoe armoedig jy geestelik sonder Hom is en dat net Hy in jou diepste behoeftes kan voorsien. Die Bybel leer ons dat tevredenheid en vreugde nie kom uit die najaag van geluk, plesier of rykdom nie, maar as ’n mens begeer om ’n naby verhouding met God te hê. Hoe meer jy daarop fokus om jouself gelukkig te maak, hoe groter sal jou ontevredenheid wees. Hoe meer jy daarop fokus om God gelukkig te maak, hoe groter sal die tevredenheid wees wat jy smaak.
Wat jaag jy na in die hoop dat jy tevredenheid sal smaak?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Aan u kom toe al die EER Liewe Heer.