‘The Roar’: Skeppingsdoel-fliek is hier!

The-Roar-poster-NEW-.jpgDie glanstapyt is uitgerol vir die amptelike bekendstelling van The Roar. Dit is ’n rolprent met ’n baie groter doel as om net te vermaak.

Die skepper daarvan, Frans Cronjé, het gaste tydens die première vertel dat dit twee jaar geneem het om die film te voltooi. The Roar is Cronjé se vyfde geloofsfilm. Ander rolprente uit Cronjé se stal is onder meer Faith like potatoes en Hansie. Vir Cornjé is The Roar ’n viering van sy eie Godgegewe skeppingsdoel.

“Dit was nog nooit my plan om rolprente te vervaardig slegs vir kommersiële en vermaakredes nie. Ons het geweet die doel was om ’n sterk boodskap van die belangrikheid om jou skeppingsdoel te ontdek, oor te dra. Daarmee saam is The Roar ’n aksiebelaaide avontuur vol drama en intriges, intense liefde, hartseer, passie en hardkoppigheid. Daar is iets vir almal en dit praat direk met die hart,” vertel Cronjé.

The Roar is die spilpunt van die Skeppingsdoelveldtog van 2 tot 10 Maart. Dit moedig mense aan om vas te stel wat hul doel op aarde is. Slegs as jy weet wat jou doel hier op aarde is, sal jy in staat wees om ’n daadwerklike positiewe invloed in ander se lewe en die wêreld om jou te hê.  Verskeie kerke, skole en ander organisasies is deel van die veldtog.

Die hoofrol van Louise word vertolk deur die aktrise Almarie du Preez. “Die belangrikste kwessie is om jou unieke gawes aan te wend om ’n verandering in ander se lewe te bring.”

Die sanger, liedjieskrywer en akteur, Heinz Winckler, het gaste verseker dat The Roar reeds met die vervaardiging daarvan mense se lewe verander het. “Hierdie film is die begin van ’n nuwe seisoen met ’n boodskap van hoop.”

The-Roar_2.jpg

Frans Cronjé, Eugene Khumbanyiwa en Almarie du Preez by die bekendstelling van “The Roar”

Dié avontuur-aksiedrama stel Almarie du Preez bekend in haar eerste rol, met Heinz Winkcler wat die rol van haar verloofde vertolk. Cronjé self vertolk die rol van haar hardkoppige pa.  Daar is ook drie Amerikaanse akteurs te sien: Torry Martin, Shaullanda LaCombe en David Morrin.

Nog twee baie bekende Suid-Afrikaanse akteurs is deel van die rolverdeling, Eugene Khumbanyiwa (District 9) en Greg Kriek (Born to Win, Mooirivier, ’n Man soos my Pa, Modder en Bloed). Die wêreldbekende “lion whisperer”, Kevin Richardson, het bystand verleen met van die tonele.

The Roar is net die film om saam met jou gesin te gaan kyk. Jeuggroepe, kerkgroepe, mense van alle ouderdomme en agtergrond gaan dit geniet.

The Roar is van Vrydag 2 Maart te sien in 40 teaters landwyd.

Groepbesprekings van 20 of meer mense kan by enige teater gereël word. Stuur gerus ’n e-pos na [email protected].

Vir meer inligting oor die Skeppingsdoelveldtog, besoek gerus www.thepurposecampaign.com.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

3 Kommentare

leser ·

ek het die video vanaf 05/19/17 gesing in Cathedral of Faith en dit is inspirerend, as dit so goed is soos die fliek wat eersdaags beskikbaar is, is dit TOPS, mooi Heinz

Vannessa ·

Die ironie … paar maande gelede spoel heinz winkler sy mond uit oor boere en Swart Maandag ondersteuners, nou speel hy die rol van n wildsboer wat deur gewapende stropers op die plaas bedreog word

Vannessa ·

Die ironie … paar maande terug spoel heinz winkler sy mond uit oor die boere en ondersteuners van Swart Maandag, nou speel hy die rol van n wildsboer wat deur gewapende stropers bedreig word

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.