‘The Roar’: Skeppingsdoel-fliek is hier!

The-Roar-poster-NEW-.jpgDie glanstapyt is uitgerol vir die amptelike bekendstelling van The Roar. Dit is ’n rolprent met ’n baie groter doel as om net te vermaak.

Die skepper daarvan, Frans Cronjé, het gaste tydens die première vertel dat dit twee jaar geneem het om die film te voltooi. The Roar is Cronjé se vyfde geloofsfilm. Ander rolprente uit Cronjé se stal is onder meer Faith like potatoes en Hansie. Vir Cornjé is The Roar ’n viering van sy eie Godgegewe skeppingsdoel.

“Dit was nog nooit my plan om rolprente te vervaardig slegs vir kommersiële en vermaakredes nie. Ons het geweet die doel was om ’n sterk boodskap van die belangrikheid om jou skeppingsdoel te ontdek, oor te dra. Daarmee saam is The Roar ’n aksiebelaaide avontuur vol drama en intriges, intense liefde, hartseer, passie en hardkoppigheid. Daar is iets vir almal en dit praat direk met die hart,” vertel Cronjé.

The Roar is die spilpunt van die Skeppingsdoelveldtog van 2 tot 10 Maart. Dit moedig mense aan om vas te stel wat hul doel op aarde is. Slegs as jy weet wat jou doel hier op aarde is, sal jy in staat wees om ’n daadwerklike positiewe invloed in ander se lewe en die wêreld om jou te hê.  Verskeie kerke, skole en ander organisasies is deel van die veldtog.

Die hoofrol van Louise word vertolk deur die aktrise Almarie du Preez. “Die belangrikste kwessie is om jou unieke gawes aan te wend om ’n verandering in ander se lewe te bring.”

Die sanger, liedjieskrywer en akteur, Heinz Winckler, het gaste verseker dat The Roar reeds met die vervaardiging daarvan mense se lewe verander het. “Hierdie film is die begin van ’n nuwe seisoen met ’n boodskap van hoop.”

The-Roar_2.jpg

Frans Cronjé, Eugene Khumbanyiwa en Almarie du Preez by die bekendstelling van “The Roar”

Dié avontuur-aksiedrama stel Almarie du Preez bekend in haar eerste rol, met Heinz Winkcler wat die rol van haar verloofde vertolk. Cronjé self vertolk die rol van haar hardkoppige pa.  Daar is ook drie Amerikaanse akteurs te sien: Torry Martin, Shaullanda LaCombe en David Morrin.

Nog twee baie bekende Suid-Afrikaanse akteurs is deel van die rolverdeling, Eugene Khumbanyiwa (District 9) en Greg Kriek (Born to Win, Mooirivier, ’n Man soos my Pa, Modder en Bloed). Die wêreldbekende “lion whisperer”, Kevin Richardson, het bystand verleen met van die tonele.

The Roar is net die film om saam met jou gesin te gaan kyk. Jeuggroepe, kerkgroepe, mense van alle ouderdomme en agtergrond gaan dit geniet.

The Roar is van Vrydag 2 Maart te sien in 40 teaters landwyd.

Groepbesprekings van 20 of meer mense kan by enige teater gereël word. Stuur gerus ’n e-pos na [email protected].

Vir meer inligting oor die Skeppingsdoelveldtog, besoek gerus www.thepurposecampaign.com.

The Roar (2018) Official Teaser

The days to the premier of THE ROAR are becoming less and less each day! Watch an all-new local (South African) production in cinema's from the 2nd March 2018! The release of THE ROAR kick's off the celebration of #NationalPurposeWeek – In which jungle do you belong? Starring Heinz Winckler, Almarie Du Preez, Frans Cronje, Torry Martin, Shaullanda Lacombe and more! #TheRoarMovie Global Creative Films Supported by: Genesis Nutritional Products and #Imagine ???? ???? A BIG thank you to all our other sponsors and media partners | Details in www.thepurposecampaign.com and www.genesisnutrition.co.za and Faith Film Hub Africa#imagine #iamyouthmovement Finesse voelgoed tydskrif, Voelgoed, JOY Magazin, JUIG Tydskrif, Radio Pulpit / Radiokansel, Tygerberg 104FM, Groot FM 90.5, Pretoria FM, Impact Radio, Kingfisher FM, Maroela Media, ATKV, Bok Radio / BokTv, Eden FM, Radio Helderberg, @HeartbeatFM, Radio Rosestad 100.6 FM – Waar jy wil wees, Expresso Morning Show – SABC 3, kykNET, Beeld – Die Burger – Volksblad: Leefstyl, reis en vermaak, Die Burger.

Posted by Global Creative Studios – Faith Film Hub Africa on Wednesday, February 21, 2018

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leser ·

ek het die video vanaf 05/19/17 gesing in Cathedral of Faith en dit is inspirerend, as dit so goed is soos die fliek wat eersdaags beskikbaar is, is dit TOPS, mooi Heinz

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.