Gedagte vir die dag: Toeganklike God

bid.jpg

Argieffoto

Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oop gemaak word, want elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. (Matt 7:7-8)

Jesus sê: “Vra God om julle harte te reinig en Hy sal. Soek sy aangesig en julle sal dit vind. Klop aan die koninkryk van God se deur en Hy sal vir julle oopmaak. Dit is hoekom Ek gekom het. Die geleentheid om te vra, te soek en te klop, is hier!”

Niemand kan God om reiniging vra sonder om eers te erken dat hy voor God onrein is nie. Niemand kan tot God nader sonder om te erken dat hy van God verwyder is nie. God het immers gesê: “Bekeer julle tot My dan sal Ek weer by julle wees” (Sag. 1:3). Niemand kan klop aan die deur van God se koninkryk sonder om te erken dat hy nie daaraan deel het nie. God sal hierdie dinge met vreugde gee sonder om te verwyt.

Dankie, Vader, dat die pad na u hart oop is. Dankie dat U beskikbaar is om my te ontvang. Dankie dat U my omhels en deel maak van U gesin. Dankie dat U my reinig.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.