Gedagte vir die dag: Toegerus deur God

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

Wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” (Hebreërs 13:5)

Soms vergelyk ek my met ander mammas met blink hare en mooi grimering wat genoeg slaap en tyd het vir drie gebalanseerde maaltye per dag. En dan voel ek nie goed oor myself nie.

Vandat my dogtertjie gebore is, draai alles om haar. Dit voel partykeer of mense net vir haar raaksien en verby my kyk. Dit laat my nogal nutteloos voel. Ek en my man maak beurte om in die nag op te staan. Daar is nie tyd vir komplimente en soene nie. Ek is moeg. Soms moet ek diep delf vir ’n bietjie liefde vir myself.

Maar ander kere het ek tyd om myself te versorg en ek voel goed. Ek voel ek is ’n goeie ma en ek glo ek is hier met ’n doel. Ek weet my identiteit is in die Here. Ek onthou ek is hier om God se taak vir my te verrig en Hy rus my toe met alles wat ek daarvoor nodig het.

My taak is om my wonderwerk-baba groot te maak. Om my man lief te hê. Om leerders se sangtalent te slyp en hulle selfbeeld te bou. En Hy sal by my wees terwyl ek my Godgegewe taak verrig.

Jesus, help my onthou dat my identiteit in U is. Ek kan nie alleen deur hierdie lewe gaan nie. Rus my toe vir wat U wil hê ek moet doen. Amen.

Bron:
Dagstukkies vir besige vroue saamgestel deur Christelle Webb-Joubert
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.