
Foto: pixabay.com
“Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.” (Jeremia 29:11)
God rig jou treë. Hy weet wat vir jou voorlê op jou lewenspad, en net Hy kan jou lei op die pad wat vir jou die beste is. Al gaan daardie pad deur donker valleie of al lyk dit of dit onnodige draaie loop, sal jy eendag kan terugkyk en sien dat dit inderdaad vir jou die beste was. God maak klaar wat Hy begin. Moenie dat jou huidige probleme of beperkings jou blind maak vir die feit dat jou omstandighede geleenthede is vir God om in jou hart te werk nie. So lank as wat God vir jou ’n taak het om te voltooi, sal Hy jou lei na waar jy moet wees.
Is jy gewillig om ’n instrument in God se hand te wees?
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Amen. Dankie God dat U nog altyd daar is, al was ek kwaad oor my mamsie wat weg is weet ek U het my gedra
Amen