ToekomsVenster: God is betroubaar


dagbreek

Foto: Visit361/Pixabay.com

Prys die Here, alle nasies, loof Hom, alle volke, want sy liefde vir ons is sterk, aan die trou van die Here is daar geen einde nie! Prys die Here. – Psalm 117:1-4

Betroubaarheid is ʼn deug wat buitegewoon aantreklik is. As iemand sê hy doen iets, dan kan jy maar op hom reken. Hy gaan jou nie teleurstel nie.

God is betroubaar in oortreffende terme. Psalm 34 stel dit so mooi: Niemand wat sy vertroue in die Here stel, word teleurgestel nie.

Psalm 117 het net twee verse. Dis egter ʼn juweel tussen die ander psalm-edelgesteentes.

Dis kort genoeg dat ʼn mens dit kan memoriseer en saam met jou kan dra, amper soos jou identiteitsboekie of bestuurslisensie. Soos laasgenoemde moet dit altyd by jou wees.

Kom ons memoriseer hierdie teks vandag en koester dit in ons gemoed. “Prys die Here. Hy is waardig.” Dis nie moeilik nie.

Sy wens en begeerte is dat die hele wêreld van sy verlossingsdade bewus sal word, derhalwe “alle nasies, alle volke”.

Die motivering volg, “sy liefde is sterk en sy trou sonder perke”.

Daar het jy dit! Kom ons herhaal dit nog een maal …

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.