ToekomsVenster: Prioritiseer jou verhouding met God


dagbreek

Foto: Visit361/Pixabay.com

Ek sal nie in my slaapkamer ingaan nie en nie op die bed wat vir my reggemaak is, gaan lê nie, ek sal my geen slaap gun nie, en sal nie eens insluimer nie, totdat ek ʼn plek vir die Here gereed gemaak het, ʼn woning vir die magtige God van Jakob! – Psalm 132:3-5

Slaap is nogal ʼn prioriteit by my. Ek sukkel maar as ek nie geslaap het nie. Mense wat weet sê tussen ses en agt ure per dag is nodig.

Somtyds kan ʼn mens net nie aan die slaap raak nie. Jou gedagtes bly maal en maal en kom net nie tot rus nie. Ek is seker almal het al hierdie ervaring gehad.

Die psalmdigter vertel egter van ʼn ander omstandigheid. Hy ontsê homself die slaap doelbewus. Hy kies om nié te slaap nie, maar om te bly worstel totdat daar ʼn deurbraak gekom het. Die psalm getuig van iemand wie se prioriteite in so ʼn mate vasgemaak is dat daar geen alternatief is nie, eerste dinge eerste!

Die plek vir die Here gereed maak kan verskillende goed beteken. Ek vermoed dat die digter sy verhouding met God weer wil prioritiseer. Nuwe Testamenties-gesproke woon die Here tog in elkeen van ons. Dit kan ook wees dat daar omstandighede is wat die digter noop om nie te slaap voordat God “opgedaag” het nie.

Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johann Kruger ·

Dankie vir die fantastiese Christelike inspirerende boodskappe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.