ToekomsVenster: Aan ons vrug word ons geken

vyeboom

(Foto: Reint Dykema)

Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. – Efesiërs 2:4

Daar is ’n bekende liedjie waarvan die woorde soos volg lui:

Freely, freely you have received

Freely, freely give

Go in my Name and because you believe

Others will know that I live.

(Maranatha! Music)

Genade, ja, barmhartigheid, roep na ’n antwoord. Wie barmhartigheid ontvang het, moet barmhartigheid uitdeel en bewys. Dit kan nie vasgehou, toegeëien en gerantsoeneer word nie.

Barmhartigheid is ’n belegging in die Koninkryk. Dit dra veel vrug, dertig, sestig en honderdvoudig. ’n Barmhartige persoon is aantreklik en ’n goeie advertensie vir die Evangelie.

Om te gee geskied op ’n verskeidenheid maniere en hang saam met dit wat aan jou toevertrou het. Ons dink gewoonlik aan materiële dinge, veral geld. Mense wat met finansies geseën is en ’n vrygewigheid aan die dag lê lewer ’n kragtige getuienis van dankbaarheid. Almal het egter nie materiële goed om te deel nie.

Tyd, luister, empatie betoon, kontak maak met iemand wat dalk kan help, ’n pleidooi namens mense wat geen stem het nie lewer, is alles gestaltes van barmhartigheid.

’n Goeie gesonde en gewortelde boom, dra goeie vrugte. Uit dieselfde put kom nie vars en troebel water nie.

Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. ‘n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie! – Matteus 7:16

Aan ons vrug word ons geken.

Gee, en aan julle sal gegee word. ‘n Goeie maat wat ingedruk en geskud en oorlopend is, sal hulle in jul skoot gee, want met dieselfde maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word. – Lukas 6:38

Mag jy geken word as iemand wat barmhartigheid bewys.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.