ToekomsVenster: Aan sy liefde is daar geen einde nie


liefde-hout-hart

Foto: Ben_Kerckx/Pixabay.com

Loof die God van die hemel! Aan sy liefde is daar geen einde nie. – Psalm 136:26

Elkeen van dié Psalm se 26 verse wat die groot dade in die geskiedenis van God se volk in herinnering roep eindig met dieselfde refrein. Dis asof die Psalmdigter wil seker maak dat ons hierdie onderskeidende kenmerk van God nie vergeet nie.

Aan sy liefde is daar geen einde nie. Alle heilshandelinge van God word gemotiveer en gedra deur sy liefde. Sy liefde is onvoorwaardelik en van ewigheidswaarde. Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Kwalitatief en kwantitatief is dit onvergelykbaar met enige ander vorm van liefde waarmee ʼn mens al gekonfronteer is. Dié wete oorweldig ʼn mens en gee moed vir die geloofsreis. Dit herinner eweneens aan die onuitspreeklike genade van God wat nie na sy kinders met teleurstelling en afkeur kyk nie, maar met aanvaarding liefde en begrip. Sy ewige hand is altyd uitgesteek na elkeen wat dit sal neem en sy leiding sal vertrou.

Alles moet Hom prys. Die geloofsreis van sy Ou Testamentiese lieflingvolk dien as bevestiging van hierdie waarheid.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.