ToekomsVenster: Aanhouer wen

kersliggies-teeliggies

Foto: Congerdesign/Pixabay.com

“Hou aan om vir ons te bid.” – Hebreërs 13:18

Hoeveel en hoe lank moet ’n mens vir ’n saak bid?

Wanneer moet jy aanvaar dat die Here iets anders in gedagte het en wanneer wil Hy jou deursettingsvermoë en erns toets?

Is daar ’n punt waar jy maar kan ophou bid omdat dit nooit gaan gebeur nie? Kan ’n mens God by wyse van spreke moedeloos maak omdat jy bly karring oor iets wat nie gaan gebeur nie?

Dis nie maklik om reëls neer te lê nie, omdat gebed ’n baie persoonlike aangeleentheid is.

Volhard in gebed. Bid sonder ophou. God toets ook die erns waarmee ons ’n saak benader. Dit is wanneer jy absoluut oortuig is van ’n saak dat jy nie sondermeer handdoek ingooi as dit nie onmiddellik realiseer nie.

Vertrou Hom en bly bid en waak. Dis ook ’n vorm van geloof.

Gebed

Vergewe dat ek so maklik opgee Here.
As U nie gou genoeg antwoord of soos ek dit wil hê nie, verloor ek
vertroue in U.
U Woord is vol belofte as ek volhardend en gelowig bid.
Ek moet dit onthou.
Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.