ToekomsVenster: Alle sonde is onder die bloed van Jesus


vergewe

Argieffoto.

Die Bybel sê – “Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie”. Die jaar 2015 is amper geskiedenis. Terugkyk en terugskou gedurende hierdie laaste paar dae word oral gedoen. Ook Christene wonder oor die jaar wat (bykans) verby is. In watter mate het ons met oortuiging en geloof opgetree? Waar en hoe het ons God se saak skade berokken deur onnadenkend en selfgesentreerd op te tree? Waar en hoe het ons die Gees bedroef? Die uitnemende waarheid is dat alle sonde, ook die slegte dinge van 2015, “onder die bloed” van Jesus en afgehandel is in God se oë. Dis nie nodig om met wroeging en selfverwyt te leef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Daan van den Heever ·

Hoeveel bladsye het die Bybel van die rubiek skrywer? Die Bybel wat ek ek het sê jy moet opreg genade vra vir die sondes wat ek gedoen heten opreg berou betoon.
Wat eintlik hier geskryf is dat jy kan maar sondig en Jesus se bloed het jou vergewe. So ek kan maar moort pleeg en daarna selfmoord en ek gaan Hemel toe. Gaan die rubiek skrywer toegelaat wprd in die Hemel met sulke vereenvoudiging van die Christelike geloof?
Moenie kla oor die toestand in Suid Afrika as jy die Christelike geloof voorstel om die duiwel te bevorder nie

Jade ·

Ek weet nie watter Bybel lees die skrywer nie maar vergifnis was nog nooit so maklik nie. Jesus het hoeveel keer gese sondig nie meer nie en Openbaring se presies watter sondes word nie vergewe nie.

Mense lees net wat hulle wil. Vergifnis is nie onvoorwaardelik nie. Die Woord se God haat sonde en alles is nie onder die bloed nie, om vergewe te word moet jy ophou om teen God se woord op te tree, ou en nuwe testament.

Dieselfde nonsens wat vertel word dat Jesus die wet vervang het terwyl Hy gese het as ons Hom lief het sal ons die wet gehoorsaam.

G’n wonder die volk gaan ten gronde nie want dwaalleer is algemeen nou. Dis hoekom Abba se Sy oordeel begin by die kerk.

Toffie ·

“6: En dit is die liefde, dat ons wandel volgens Sy gebooie. 9: Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer van Christus nie, hy het God nie. 10: As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet het gemeenskap aan sy bose werke.” 2 Joh. 1:6-11

Piet ·

Stem saam met julle. Dit is omdat dit mos modies geword om net Paulus te lees en nie Jesus nie. Ons is mos sg onder die genade ( Paulus se evangelie) Die meeste mense weet nie eers wat Jesus se Evangelie is nie nl die komende Koningkryk van die Vader hier op aarde.

Ons Vader wat in die Hemel is, Laat U Koningkryk kom………………………………………..

susan ·

Ons dien n God van liefde. God het ons onvoorwaardelik lief. Hy stel die oordeel uit, want Hy wil nie dat een van Sy kinders verlore gaan nie. Hy wil ons nie straf nie want Jesus het reeds die straf op Hom geneem. Sy bloed het betaal vir al ons sonde.
In Ps 103: 12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.
As ons met n opregte hart ons sonde bely, hoekom wil jy dit nie maar agter jou sit en aan beweeg nie. Anders is jy weer onder die Wet. Die Here wil n Pappa verhouding met jou hè. Hy wil hÈ jy moet Hom vertrou en lief hè en daarom wil jy doen wat Hom behaag. Jy kom en vra die Here om jou denke te kom vernuwe en Hy gaan jou hele lewe kom verander, as jy Hom toelaat. Jy moet sterf van jouself en Jesus moet sigbaar word in jou. Onthou jy kan die wereld mislei maar nie vir God nie. God ken jou hart. Hy weet alles van jou af. Lees 1Joh.3 en jy sal beter verstaan. Van vers 4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.
5 En julle weet dat Hy verskyn het om ons sondes weg te neem, en geen sonde is in Hom nie.
6 Elkeen wat in Hom bly, sondig nie. Elkeen wat sondig, het Hom nie gesien en Hom nie geken nie.
Kom en ruil vandag daardie sonde wat jou vreugde steel en wat jou weerhou van die waarheid, vir n wonderlike en opregte verhouding met Jesus en ontdek n Koningkrykslewe hier op aarde. Want dit is God se wil vir jou.. “Soos in die Hemel so ook op die aarde”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.