ToekomsVenster: Alles het nuut geword


all-free-download.com

all-free-download.com

Daarom, as iemand in Christus is, is hy ʼn nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

2 Korintiërs 5:17

Die Heilige Gees se werk in die lewe van ʼn gelowige is merkwaardig en opwindend. In die Ou Testament het die Heilige Gees per geleentheid op iemand neergedaal wat vir ʼn bepaalde taak en dienswerk geroep is. Die Heilige Gees het dus tydelik woning gemaak by spesifieke mense soos konings, priesters en profete.

In die Nuwe Testament woon die Heilige Gees permanent in elke ware gelowige. Hy is ʼn Persoon en nie ʼn onpersoonlike krag of invloed nie. Die Heilige Gees wil elke aspek van ons lewe beheers en bewoon. Die Heilige Gees stel ons in staat om met die “groter dinge” besig te wees waarvan Jesus op die vooraand van sy lyding en daaropvolgende hemelvaart gepraat het.

Deur die Heilige Gees is God in Jesus Christus oral en altyd teenwoordig deur die lewe en optrede van gelowiges wat Hom vertrou en toelaat om hulle te beheers.

“Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.”

Johannes 14:12

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoekwww.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Roela ·

Dankie Jesus dat ek n nuwe skepping kan wees en alles nuut is in my, ek Prys U my Koning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.