ToekomsVenster: Alles is deursigtig

reenboog

Foto: Alain d’Alché/Unsplash.com

My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word. – Jak. 3:1

Jakobus plaas ʼn gesonde demper op aspirasies wat uit die vlees is. Sommige mense hou hulle met die Evangelie besig nie noodwendig vanuit ʼn dankbaarheid en roepingsbesef nie. Die aansien en waardering van mense is alte aantreklik om sondermeer ignoreer te word.

Soos die Fariseërs word godsdiens uiterlik vertoon maar die krag daarvan ontbreek duidelik vir iemand wat onderskeiding het. Die waarskuwing dat leermeesters strenger beoordeel sal word bring nugterheid na ambisies wat uit die vlees is.

Dit is ʼn buitegewone voorreg om in samehang met die gawes wat God gee as leermeester op te tree. Dit geld vir al die vertakkinge van geestelike dienswerk. Die feit dat iemand daarmee besig is veronderstel ʼn groter mate van geloofsverstaan, onderskeiding en toewyding.

Mense kan ʼn rat voor die oë gedraai word maar nie die Heilige Gees nie. Alles is deursigtig in sy heilige teenwoordigheid.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.