ToekomsVenster: Alles nuut

(Foto: Simon Berger/Unsplash)

Jes.25:9 – Wanneer dit gebeur, sal elkeen sê: Kyk daar, dit is ons God, ons het op Hom vertrou, Hy het ons gered. Dit is die Here! Ons het op Hom vertrou. Laat ons bly wees en juig omdat Hy ons gered het.

As ʼn mens die gedeelte weer beluister, ek lees dit vir jou, wil ʼn mens soos die skrywer spog met jou God. Dit is ons God, ons het en kan op Hom vertrou, Hy het en sal ons red. Daarom is ons bly en juig ons.

Jes. 25:4-9 – U is ‘n toevlug vir die armes, ‘n toevlug vir die behoeftiges in hulle nood, ‘n skuilplek teen die stortbuie, ‘n skaduwee teen die hitte. Die geweld van die wrede volk is soos ‘n winterstorm, soos sonsteek in ‘n dor land. U het die rumoer van die vyand laat ophou, die oorwinningsliedere van die trotse volk laat verdwyn soos hitte verdwyn onder die skaduwee van ‘n wolk. Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige ‘n feesmaal gereed maak vir al die volke, ‘n feesmaal met die beste om te eet en te drink, goeie kos en geurige wyn. Op hierdie berg sal Hy die doek verwyder, die doek wat oor al die volke gegooi was, waarmee al die nasies toegemaak was. Hier sal die Here God die dood vir ewig vernietig, en die trane op almal se gesigte afvee. Oor die hele aarde sal Hy die smaad verwyder wat sy volk aangedoen is. Die Here het dit gesê. Wanneer dit gebeur, sal elkeen sê: Kyk daar, dit is ons God, ons het op Hom vertrou, Hy het ons gered. Dit is die Here! Ons het op Hom vertrou. Laat ons bly wees en juig omdat Hy ons gered het.

Dit laat my dink aan die bekende woorde van Ges. 177:

Die Heer droog al die trane af

Verby is droefheid, dood.

Ja, pyn en smart, wyk uit die hart

Ons moeite, angs en nood.

 

Kyk ek maak alles nuut, sê God

Laat Hom wat dors is kom

En hy sal vind, hy is my kind

Ek is ʼn God vir Hom.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Yvonne ·

Op so n Vader en God kan ek vertrou…tot in ewigheid….Amen

SomeOne ·

dankie Vader vir alles wat U vir my gee, en wat ek het, Halleluja, dankie Abba Vader

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.