ToekomsVenster: Almal het gesondig

Foto: Jonny Caspari/Unsplash.com

As iemand die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, is hy skuldig ten opsigte van al die gebooie. God wat gesê het: “Jy mag nie egbreuk pleeg nie,” het ook gesê: “Jy mag nie moord pleeg nie.” As jy nou nie egbreuk pleeg nie, maar wel moord, is jy tog ‘n oortreder van die hele wet. – Jak. 2:10-11

Ons is geneig om sekere sondes uit te sonder asof dit van ʼn hoër orde is as ander. As jy bv. steel is dit nie so erg soos iemand wat moord pleeg nie. Op papier maak dit inderdaad sin maar by God werk dit anders. Die Bybel sê “almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” Die klem is op “almal”.

As ʼn mens sê dat hy nie sonde het nie is hy ʼn leuenaar en is die waarheid nie in hom nie, getuig Johannes.

Die tollenaar slaan op sy bors en maak daarop aanspraak dat hy nie so ʼn groot oortreder is as die samaritaan nie, maar dis die samaritaan wat die verwonde Jood barmhartigheid bewys.

Ons almal is worstelend op weg met God en dis net sy genade dat ons staande bly.

Hoe slaag ons bevooroordeeldheid jeens ander mense die liefdestoets van God?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.