ToekomsVenster: Almal wat uitgeput en oorlaai is

(Foto: Annie Spratt/Unsplash)

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee. Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed. – Matteus 11:28-29

Dit is in moeisame tye, tye soos die wat ons tans beleef, dat beloftes wat ’n mens diep in jou hart gebêre het na vore tree en die moed en oortuiging gee om nie op te gee met jouself, die lewe of die Here nie.

Ek is seker dat jy al gehoor het van Nightbirde. Dit is die verhoognaam van Jane Marczweski, ’n kankerlyer met ’n 2% kans op oorlewing. Sy het onlangs aan America’s Got Talent deelgeneem en die harte van een en elkeen verower.

Haar getuienis vind tans weerklank regoor die wêreld. Dit getuig van ʼn ongelooflike eerlikheid. Ek dink God vind byval by so ’n mens eerder as een wat voorgee dat alles reg is. Hy is immers ook God in ons duisternis.

Luister na wat sy vertel:

“Ek onthou die meeste van die herfs nie, want ek het my sin laat in die somer verloor en lank daarna was ek nie in my liggaam nie. Ek was ‘n gloeilamp wat êrens ver gegons het.

“Nadat die dokter vir my gesê het ek sterf, en nadat die man met wie ek getrou het, gesê het dat hy my nie meer liefhet nie, het ek ‘n wonderwerk in Kalifornië gejaag en sestien weke later het ek dit gekry. Die kanker was weg, maar toe my brein dit alles inhaal, breek iets. Ek het later uitgevind dat al die tragedies gelyktydig ‘n liggaamlike soort trauma in my kop veroorsaak het, en dat my brein valse seine van pyn en paniek uitstuur.

“Ek het drie maande teen die muur gesit. Op nagte wat ek nie kon slaap nie, het ek soos ‘n insek in die bad gelê en na my weerkaatsing in die stortkop gestaar. Ek het opgegooi tot ek hol was. Ek het onder my kleed op die teël opgerol. Die badkamervloer het my skuilplek geword, waar ek kon skree en lelik kon wees; waar ek kon snik en spoeg en uiteindelik kon slaap, gelukkig om te slaap, selfs met my kop op die toilet”.

Wanneer laas was jy so ontstellend eerlik met God soos Nightbirde? Lees dan ook weer ons teksgedeelte van vandag.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Heer dat ons deur ander se getuienis versterk kan word en besef dat U ons nooit ooit verlaat nie selfs in ergere storms