ToekomsVenster: As die son ondergaan

Foto: Rachel Cook/Unsplash

maar vir U is selfs die duisternis nie donker nie en die nag so lig soos die dag, duisternis so goed soos lig. – Ps. 139:12

Alle mense beleef sonsondergang een of ander tyd

Sonsondergang is in die gewone toedrag van sake is romanties aantreklik. As ʼn mens ʼn bietjie geld het klim jy op een van daardie mooi toegeruste bote en vaar die oop see tegemoet ten einde die son se ondergang te bewonder.

Die son trek strepe teen die horison terwyl heerlike drankies bedien word. Dit is idillies mooi en iets wat ʼn mens nie wil misloop nie.

Metafories egter dui sonsondergang op ʼn heel ander ervaring. Die son, as die vernaamste bron van lig en energie, gee perspektief en dui koers aan. Mens stamp nie jou tone teen klippe as die son op sy helderste skyn nie. Jy kan sien waar jy loop en doen dit ook.

Wanneer die son ondergaan is dit ʼn ander storie. Met verdrag sak die donker op jou en rondom jou toe. Terwyl die laaste strale verdwyn dring die gevoel van ongemak hom aan jou op. Jy begin benoud te voel en angs pak jou beet. Immers, as die son weg is en net die nag bly agter gebeur daar iets in jou gemoed.

Min mense hou van die donker. Donker is bedreigend en selfs gevaarlik. Jy weet nie wat in die nag skuil nie en watter gevare op jou lê en wag nie. Jy het nie perspektief nie en jou onderskeidingsvermoë word erg aangetas.

Jou vermoë om netjies verantwoordelik en sistematies te redeneer en die saak vir jouself uit te maak word negatief beïnvloed. Jy dink nie meer met jou kop nie maar met jou emosie. Allerlei leuens word opgedis en jy begin dit glo. Gevoelens van minderwaardigheid en negatiwiteit oorweldig jou. Dis donker in jou siel en gemoed. Jy kan nie wag dat die son sal opkom nie en die slaap bly jou ontwyk.

Ken jy hierdie sonsondergang ervarings? As dit intens en chronies is word dit depressie genoem. Min mense verstaan dit, nog die persoon met wie dit gebeur nog die mense wat toekyk. Dit is en word die kanker van die siel genoem.

God verstaan. Hy is Immanuel. Die donker bedreig Hom nie. Selfs die donker is soos lig vir Hom.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Liezl ·

In die donker
word ons afgesonder

Ver weg van ‘n gelag
sal ek lê en wag

Slaan jou oë op
Hy lig jou kop

Hy maak als nuut en vry
Hou vas aan Hom en net die beste sal jy kry

Die donker het omgesit in lig
hier in my binneste is ek verlig

Nou kan ek jubel en juig
en myself voor U voete neerbuig

Dankie, liewe Vader vir U liefde en trou
Ons kan op U vertrou
– L L – gedig, September 2019

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.