ToekomsVenster: As godsdienste bots

ligtoring

Foto: Pixabay.com

Lees: Matteus 5:13-16:

“13 Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ‘n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14 Julle is die lig vir die wêreld. ‘n Stad wat op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15 ook steek ‘n mens nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie maar op ‘n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16 Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”

Gebed:

O Here ons God, U het ons geroep om sout en lig vir die wêreld te wees. Help ons om ook vir ons bure in die land wat nie glo soos ons glo nie, ʼn ligbaken te wees. Help ons om hulle te respekteer en te dien – en om hul hande te vat op die pad na versoening. Gee dat hulle in ons woorde en ons dade iets van Uself en van U liefde sal raaksien.

Leefwyse:

Mahatma Gandhi het van die Christene in Suid-Afrika gesê: Hulle praat baie oor verlossing, maar ek het nog nie baie verlostes gesien nie. Kan jy iets daaraan doen?

Om oor na te dink:

Op watter maniere kan ons uitreik na ons bure wat aan ander godsdienste behoort? Hoe kan ons hulle in ʼn gesprek betrek en met hulle saamwerk om ons land ʼn beter land te maak? Gee ons ons geloof prys as ons dit doen, of dien ons die evangelie van liefde?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Ons kan Ghandi nie kwalik neem nie. Die Gupta’s sê dieselfde. Hier is oor die 400 Christelike denominasies ter plaatse wat elkeen hoog en laag sweer hul het die waarheid. Sommige kerke haal Sondag vir Sondag die nuusblaaie oor aspekte wat myle van Chistenskap ronddrywe.

Die Jode het die Torah,
maar nie die Messias nie.
Die Christene het die Messias,
maar nie die Torah nie.

Die Jode het n brullende Leeu verwag,
maar n perfekte Lam gekry wat hul geslag het.
Die Christene verwag n geslagde Lam,
Maar gaan n brullende Leeu wat oordeel ontvang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.