ToekomsVenster: As kulture en tale bots

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Handelinge 17:24

“24 God, wat die wêreld met alles wat daarin is, gemaak het, Hý is die Here van hemel en aarde, en Hy woon nie in tempels wat deur mense gemaak is nie.”

Gebed:

Liewe Here, ek besef maar al te goed dat my optrede en gedagtes beïnvloed word deur my kultuur, my opvoeding en my eie belewenisse. Ek het hulp nodig om soos Christus te dink. Ek bid dat U my sal help om anders te dink oor mense rondom my. Ek bid dat ons as Suid-Afrikaners respek vir ander kulture en waardes sal ontwikkel. Begin by my. Help my om mense deur U oë te sien.

Leefwyse:

Om die kloof tussen rasse en kulture te oorbrug, vra baie. Maar dit bring nuwe wêrelde na vore. Om die “reënboog” in ons land te ontdek en te ervaar, is ʼn groot vreugde. Ons bure is vol verrassings!

Om oor na te dink:

Is dit moontlik om in die kerk die essensiële eenheid wat ons in Christus het, te handhaaf – en om tog ook ruimte te laat vir verskillende kulturele uitdrukkings en belewenisse van ons geloof? Het ons in die verlede te veel klem gelê op taal-en kultuurverskille, ten koste van die eenheid van die kerk?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ANSIE POTGIETER ·

EK WIL NET VIR JUL BAIE DANKIE SE VIR DIE MOOI BOODSKAPPE WAT EK ELKE OGGEND KRY. EK KAN NIE WAG OM BY WERK TE OM MY VOEDING VIR DIE DAG TE LEES. HOU ASB AAN DAARMEE ONS LAND EN MENSE HET DIT BAIE NODIG.
GROET JUL IN JESEUS NAAM.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.