ToekomsVenster: Beelddraers van God

Foto: Marten Bjork/Unsplash.com

So gebeur dit dat die politikus Helen Zille besluit om haar Twitter rekening “toe te maak”, haar een miljoen volgelinge ten spyt. Nadat sy ʼn onskuldige foto van haar en haar kleinkind wat in die kombuis doenig is geplaas het, het venyn en kritiek haar tot breekpunt gedryf. Sy noem dat lewensbedreigende boodskappe, fopnuus, kritiek, verguising en skeltaal maar altyd nog deel is van daardie wêreld. Toe haar kleinkind egter betrek word, het sy besluit dat haar dae in die geselskap van Twitter, altans as ʼn openbare forum, getel is.

My bydrae het te doen met die venynigheid in ons samelewing.

Waarom sou mense ander op hierdie wyse wou te na kom? Waarom word georganiseerde beeldaftakeling enigsins toegelaat?

Ek verbeel my dat ons in Christelike Suid-Afrika woon. Ons word geroep om mekaar as beelddraers van God mekaar se respekteer, mekaar as gespreksgenote te ontmoet, mekaar te bemoedig en voort te help op die lewenspad.

Wat ʼn teleurstellende toedrag van sake.

My gebed is dat nie een van ons luisteraars en lesers hul aan sulke skandelike gedrag sal skuldig maak nie.

Kol. 4:6 – Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae