ToekomsVenster: Beelddraers van God


oe

Argieffoto.

ʼn Pelgrimslied. Van Dawid. Hoe goed, hoe mooi is dit as broers eensgesind saam woon! Dit is soos reukolie wat van die kop af in die baard afloop, die baard van Aäron, af tot by die soom van sy klere. Dit is soos die dou van Hermonberg wat op die berge by Sion val. Waar broers so saam woon, skenk die Here sy seën: ʼn lang, lang lewe. – Psalm 133:1-3

Waarom sukkel selfs kinders van die Here om met mekaar klaar te kom. Trots.

Trots het met die oortuiging te doen dat jy beter weet en beter is as ander mense. Trots is arrogansie en selfverheffing. Natuurlik is trots rebellie teen God.

Alle mense is beelddraers van die Skeppergod. Nêrens in die ganse Skrif lees ʼn mens van trots/hoogmoed by God nie. Hy staan veel eerder pleitend voor mense dat hulle hulself sal bekeer van dit wat hul beroof van lewenskwaliteit en vervulling, van vreedsame naasbestaan en respek vir die ander.

Sjoe, hoeveel mense het nie al gesterf in die moeisame stryd om beheer oor ander te kry en te behou nie. Dwarsdeur die geskiedenis van die mensdom was die bloedrivier in ʼn stroomversnelling. Dit oorspoel sy walle met die bloed van meer dikwels onskuldige mense, veral vroue, bejaardes en kinders.

Wanneer gaan ons ophou baklei? Wanneer sal die Kersvrede van ons besit neem?

Jesus se hoëpriesterlike gebed is tog baie bekend, ons moet dit nog net begin doen en leef.

In Joh.13:35 sê Jesus “Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle mekaar liefhet.”

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.