ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; elke tree

voetspore-03

Foto: Deny Abdurahman/Unsplash.com

Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het. (OV) – Josua 1:3
Soos Ek vir Moses gesê het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom (NV) – Josua 1:3

Probeer jou indink wat in Josua se hart moes omgaan toe hy op die punt staan om saam met die volk van die Here die beloofde land in te trek. Veertig jaar gelede was hy ook hier. Toe moes die volk as gevolg van ongeloof terug woestyn toe waar ʼn hele geslag uitgesterf het. Dis die Josua generasie wat besluit het om die Here op sy Woord te neem.

“Elke tree waar jy loop sal Ek aan jou gee,” sê die Here aan Josua. Hy was wel jare gelede afgevaardig om die land deur te kyk maar dit was verkennend, anders en nog nie die inbesitname nie. Nou gebeur dit werklik.

Ek dink Josua het gemengde gevoelens. Hy is skrikkerig en wie kan hom dit kwalik neem. “Moenie bang wees nie sê die Here, wees vasberade, koersvas en beslis. Ek sal jou lei”.

Miskien staan jy ook op die punt om ʼn splinternuwe era te betree. Eintlik is dit die inhoud van elke dag. Niemand weet vooraf waar die dag ons sal bring nie. Ons weet nie watter verrassings en uitdagings daar op ons wag nie.

Die geheim is om met verwagting te leef. As ʼn mens niks verwag nie kry jy dit. As ʼn mens egter met moed, oortuiging en oorgawe lewe is dit onafwendbaar dat die dag jou nie sal teleurstel nie.

Elke tree gee Ek aan jou, sê die Here. Teen vanaand gaan jy heelwat hê om oor te gesels!

Wees veral sterk en baie vasberade in die uitvoering van die wet wat my dienaar Moses jou beveel het. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie. Dan sal jy voorspoedig wees, waar jy ook al gaan. – Jos. 1:7

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maria ·

Baie lekker saam Here te dien want vol verrassing en uitdaging in my lewe hoef nie te droom of begeer nie dankie Here!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.