ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; jou lewenslyn

tou-aan-boom-liefdesknoop

Foto: Will O/Unsplash.com

Dis ’n ongemaklike oefening wat my effens onkant gevang het toe ek die eerste keer by ’n sinode se sitting daarmee gekonfronteer is.

Elkeen van die afgevaardigdes het ’n stuk tou ontvang wat jou lewe op aarde voorstel. Die vertrekpunt is Psalm 73 waar die digter praat van 70 jaar en indien jy baie sterk is, (sy woorde) tagtig jaar. Toegegee, daar is mense wat langer lewe veral met die vordering wat op mediese gebied gemaak word. Tog dink ek nie dit is onrealisties om maar in die kategorie van 80 te dink nie.

Die eerste opdrag was om jou eie lewensreis op die stuk tou te projekteer. Kortom, sny af wat verby is. As jy tans veertig jaar oud is en jou verwagte lewensverwagting is tagtig, val die helfte van die tou op die grond.

Dan word ’n volgende derde afgetrek wat goeie slaap verteenwoordig. Dis ’n noodwendigheid en om dit op te offer is om aan jou eie lewensgehalte te peuter. Sny af.

Alhoewel dit nog nie gerealiseer het nie probeer ons ’n berekening doen van hoeveel nuttige tyd ons nog op aarde mag oor hê. Konserwatief sou ’n mens seker ’n verdere 10% kon aftrek vir ander noodsaaklike takies.

Dit is nogal ’n ontstellende gewaarwording as jy soos ek reeds by ouderdom 65 is. Daar bly nie baie oor nie!!

Belangrik egter om daarop te let dat lewenskwaliteit nie noodwendig in jare gemeet word nie, maar in betekenis en vervulling. So gesien kan ’n mens nog ’n leeftyd lewe maar geen betekenis ervaar nie. Jy kan ook net ’n kort tydjie oorhê maar voluit, bevredigend en oortuigend lewe.

Dit is ook belangrik om daarop te let dat tyd saam met jou geliefdes, midde jou plaaslike geloofsgemeenskap, by die werk en sosiale geleenthede nie minder produktief (hemels) is nie. Ons is nie produksie middele nie, ons is kinders, erfgename en mede-erfgename van Jesus Christus. Ons behoort aan ’n hemelse huishouding en verteenwoordig Hom in alles op aarde.

Die kort en lank van die oefening is om te verstaan dat die lewe ’n eenmalige genadegawe is. Ons het geen waarborge benewens die ewige lewe (as ’n teenwoordige en toekomstige realiteit) mits ons in Jesus glo nie.

Miskien kan ons die volgende oorweeg:

  • Hoeveel tyd is reeds verby?
  • Was dit sinvol en kan jy dankbaar daarop terug kyk? Dank die Here dat ons mislukkings ook “onder die bloed” van Jesus is. Daar is egter altyd iets om voor dankbaar te wees.
  • Hoeveel tyd is oor en hoe wil jy dit deurbring? Onthou “one life is all I have, one life to give to Jesus”.
  • Mag ons almal uiteindelik hoor “mooi so goeie en getroue dienskneg en diensmaagd, jy was getrou”.

Tyd is min. Leef voluit vir Hom. Gryp die dag. Waardeer iemand.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kornel ·

Wow, dis die besluit wat ek in my lewe gemaak het. En nie jare terug nie, maar n paar dae gelede. Ek dank Ons Vader vir alles en dit wat kom, want ek gli die pad voor en toe gaan ons VLIEG soos Arende. Ek loof en prys Ons Hemels se Vader. Amen. ????

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.