ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; onder nuwe bestuur

sonneblom-02

Foto: Rosie Kerr/Unsplash.com

Ek ry gister verby ʼn plaaslike groente- en vrugtewinkel en sien ʼn groot bord met die woorde: “Under new management, watch this space”.

Dit het my laat dink aan wat in ʼn mens se lewe gebeur wanneer Jesus ʼn werklikheid word. Jy staan voortaan onder beheer van die Heilige Gees. Hy is nie ʼn manipuleerder nie maar werk gestadig en geduldig terwyl ʼn mens toenemend die karakter van Jesus begin vertoon. Dat daar ʼn verandering kom in ʼn mens se gesindhede, motivering en lewensuitkyk is egter gewis. Immers, die Bybel sê, alles het nuut geword. Die ou dinge het verby gegaan.

Ons ervaringe met die Here verskil van mens tot mens. Sommige van ons het ʼn stewige Christelike fondasie vanwaar ons die lewe bedryf. Sekere strategiese waardes is van kleintyd af in ons vasgelê en ons twyfel nie oor die waarde daarvan nie. Dit is ʼn baie groot voorreg om so groot te word.

Die praktyk leer egter dat daar ʼn groeiende “heidendom” onder selfs eens konserwatiewe en toegewyde gelowiges ontwikkel. Kinders ken nie meer die verhale van die Bybel nie en verstaan min van God se bedoeling met hulle. Wanneer hulle tot geloof kom is dit somtyds meer radikaal as met die wat by wyse van spreke “in die kerk” grootgeword het.

Die ommeswaai geld egter eweseer vir almal. Iets verander. Dit kan nie anders nie. Christus maak alles nuut. Wantroue maak plek vir selfs kinderlike geloofsvertroue. Wanhoop vir diepgesetelde hoop. Betekenisloosheid word deur ʼn duidelik waarneembare roepingsbesef verplaas. Jou uitkyk op die lewe en die sin daaragter kry Koninkryksperspektief. Jy is onder nuwe eienaarskap.

Het jy bestuur van jou lewe al oorgegee? Dit vorm die basis van lewensgeluk. Daarsonder dobber ʼn mens op die oseaan soos ʼn onbemande bootjie.

Dis eenvoudig. Dis net ʼn gebed, uit die hart en met diepe erns:

“Here, ek gee die bestuur van my lewe aan U oor. In Jesus se Naam. Amen”

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann Slabbert ·

Ek het jare gelede dienste bygewoon van Patoor Izak Burger.Die reeks dienste wat hy gehou het was genoem En die Engele was daar.Sal graag weer al daar die is dienste wil bekom op cds as dit moontlik is.
Groete
Johann Slabbert

Lena Jonk ·

Ja Johann ek stem saam Pastoor Izak Burger se preke was van so aard dat dit in vandag se lewe baie van toepassing sal wees, het ook preek van hom gaan luister : 5min voor die dood. Dit het my geweldig aangegryp wat regtig in daardie 5min voor God gebeur met die mens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.