ToekomsVenster: Beginsels vir ’n gelukkige lewe; waarvoor sal jy onthou word?

rugby-bal

Foto: Paolo92/Pixabay.com

Suid-Afrika is aangeryp deur die onverwagse dood van die bekende rugbyspeler, James Small. Hy is die derde lid van die ikoniese 95 Wêreldbeker rugbyspan wat sterf. Ruben Kruger en Joost van der Westhuizen is die twee ander spanlede wat reeds oorlede is. Huldeblyke stroom in en sy lewe word wyd gevier en in herinnering geroep.

Ons harte gaan uit na die familielede, vriende en kennisse, weliswaar die hele Suid-Afrika en ons bid vir die troos van die Here. Alhoewel James op ʼn betreklik jong ouderdom oorlede is word ʼn mens bewus van generasies wat kom en gaan. Dit is veral die helde en ikone van gister wat stadig maar seker die tydelike met die ewige verwissel.

Beeld, oggendkoerant hier by ons in die noorde, het ʼn voorbladberig oor James se afsterwe gehad . In ʼn kolom aan die regtekant van die bladsy word James se lewe opgesom. 100 punte, 47 toetse en 20 drieë. Dis waarvoor James onthou sal word. 100 punte, 47 toetse en 20 drieë.

Toegegee, ʼn mens is veel meer as die punte wat jy versamel maar terwille van ons gesprek dien dit as ʼn funksionele metafoor.

Die vraag is waarvoor elkeen van ons onthou sal word as ons nie dag nie meer daar is nie. Daarmee bedoel ek nie om ʼn heldeakker vir elkeen aan te beveel om aan te dui hoe onmisbaar spesiaal jy was nie – inteendeel, veeleerder die oortuiging dat ʼn mens se lewe tog op iets moet uitloop. Punte, wedstryde en drieë.

Verklank binne Evangeliese perspektief en ons roeping om die Koninkryk van God se sien kom, ook deur ons lewe en getuienis, is die vraag nog meer relevant.

Die lewe soos ons dit ken is eenmalig. Daar is ʼn tyd om gebore te word en ʼn tyd om te sterwe. Wat het in die kort of langer tydjie tussen hierdie twee ononderhandelbares merkers gebeur? Jy kan geeneen van hierdie datums skuif nie.

Nog die dag van jou geboorte nog die dag van jou sterwe is onderhandelbaar. Jy kan nie een van die twee dagboek nie. Dit staan egter aangeteken in God se dagboek, die dagboek van die lewe, jou lewe.

As dit vandag jou afskeid is, hoe lyk die opsomming van jou lewe, en myne?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.