ToekomsVenster: Bekering is die begin van ’n nuwe dag

Foto: Andy Brunner/Unsplash

As Ek die hemel gesluit hou sodat daar geen reën is nie, of as Ek die sprinkaan beveel om die land kaal te vreet, of as Ek pes onder my volk stuur, en my volk oor wie my Naam uitgeroep is, toon berou en bid en vra na my wil en draai terug van hulle bose weë af, sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel. – 2 Kron. 7:13-14

Die Here gryp nie in die lug nie maar wil ons tot stilstand bring.

Veronderstel jy bedryf ʼn besigheid en die winste daal dramaties, kliënte is ontevrede, dit voel of alles rondom jou inplof. Wat maak ʼn mens? Uiteraard kom ʼn mens tot stilstand, sit rondom tafel en hou kajuitraad. Wat is hier aan die gang, vra jy.

Julle soek na moontlike redes. Julle vra pro-aktief wat gedoen kan word om situasie te beredder. Julle oorweeg verskillende opsies. Julle dink na en gee rekenskap.

Ook wat ons situasie in Suid-Afrika betref is dit die aangewese ding om te doen naamlik om te vra of daar ʼn korrelasie is tussen dit wat gebeur en die stand van die kerk. Is dinge besig om in te plof omdat ons nie is waar ons moet wees nie?

Dit kan verwys na mense se persoonlike lewe, die gemeente of  geloofsgemeenskap as sodanig, die kerk nasionaal en ekumenies gesproke.

Die Here is dalk nie ver verkeerd as dit by ons verbintenis aan Hom kom  nie.

Die opmerklike van ons teks is dat die Here nie sondermeer die verhouding tussen ons en Hom kanselleer of opsê nie. Hy kom ons met ʼn arsenaal genade tegemoet. Waarom sou Hy ons andersins roep tot inkeer as Hy van plan was om die verhouding te termineer?

Bekering is die begin van ʼn nuwe dag, dit is hoop wat hier vergestalt word.

“Ons het U nodig. Ons erken en bely dat ons dalk iewers die aangewese pad byster geraak het”.

Tekens daarvan is liefdeloosheid, ʼn kritiese lewenshouding,  haatdraendheid, ens.  Die Heilige Gees wil ons hierin begelei.

Is ons nog waar ons veronderstel is om te wees?

Dink aan die sewe gemeentes in Klein Asië. By twee sê die Here is alles in orde, met vyf is Hy nie ten volle tevrede nie.

As God na die kerk in Suid Afrika kyk, wat sou Hy van ons sê? Sou hy baie tevrede wees of dalk ernstige probleme met ons hê?

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

leser ·

vir een mens om na die Here te keer en te bid, sal die Genade van God nie slaag nie
ons moet as ‘n volk op ons kniee gaan en bid dat die Here ons oortredinge vergewe en ons moet aanhou bid vir Vergifnis en Genade
maak soos ons grootvaders en boere wat die vreemde land ingegaan het, hulle het tot God gebid vir Hulp, Veiligheid en Genade om hulle veilig te hou teen die aanslae wat oor hul pad gekom het
hulle het die Hulp van die Here ontvang omdat hulle gebid het en geglo het dat daar ‘n God is wat hulle sal help
ons moet waaragtig glo dat daar net een God is, en Die sal ons help, red uit die gemors waarin ons onsself het, teen die BOSE magte wat ons omsingel, wat ons wil dooddruk, vermink en weg van God en die kerk wil hou
“almal” moet bid en glo

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.