ToekomsVenster: Bekommerd oor jou reputasie?

man-staan-teen-muur-met-bybel

Foto: Ben White/Unsplash.com

Die gebeure rondom die geboorte van Jesus is misterieus. Wie kan dit verstaan? Die Heilige Gees bevrug Maria met die Hoop van die wêreld. Haar benoudheid is te verstane. Sy is immers ʼn maagd en om nou te verwag voorspel geen goeie uitkoms nie. Haar reputasie is op die spel en haar verhouding met Josef onder verdenking. Josef is nie die pa nie, wie is dan?

Josef is ʼn goeie man en besluit om Maria in die geheim te skei. Die engel van die Here verseker hom egter dat Maria inderdaad die waarheid praat. Nog iemand wat nie omgee as sy reputasie ter sprake kom nie. Reputasie is so belangrik. Goeie man soos hy is wil hy haar reputasie beskerm en haar nie in die openbaar verneder nie.

Ons wil nie graag hê dat mense slegte dinge van ons dink of sê nie. Ons sal agteroor buig om aanvaar te word.

Maria en Josef besluit anders.

Herodes se reputasie is op die spel. As hierdie Jesus is wie die mense die profete die skaapwagters sê hy is, bedreig dit sy posisie grondig. Hy kan dit nie toelaat nie. Hy wil die baba onder valse voorwendsels opspoor en laat doodmaak.

Jeremia 31:15 – So sê die Here: ‘n Gekerm word op Rama gehoor, ‘n gehuil vol hartseer: Ragel treur oor haar kinders, sy wil haar nie laat troos nie, want haar kinders is weg.

In die Matteus Evangelie lees ons dat hierdie profesie van Jeremia waar geword het toe Herodes beveel het dat alle seuns, twee jaar en jonger, wat in Betlehem en omgewing gewoon het, doodgemaak moes word. (Matteus 2:16-17)

Matt.2: 13- Nadat hulle vertrek het, het daar ‘n engel van die Here in ‘n droom aan Josef verskyn en gesê: “Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte toe en bly daar totdat ek jou sê om terug te kom, want Herodes is van plan om die Kindjie te soek en Hom dood te maak.”

Eerder God se reputasie is ook nie die keuse wat die hardvogtige en jaloerse skrifgeleerdes gemaak het toe Jesus op aarde geleef het nie. Hulle het alles in die stryd gewerp om sy reputasie te skaad en hul eie te beskerm. Dis nie die keuse wat Pilatus gemaak het toe Hy Jesus aan die jillende skare oorgegee het nie.

Markus 8:38 – Wie hom dan vir My en my woorde skaam te midde van hierdie ontroue en sondige geslag, vir hom sal die Seun van die mens Hom ook skaam wanneer Hy kom saam met die heilige engele, en beklee is met dieselfde heerlikheid as sy Vader.”

Dwarsdeur die Bybel loop dit soos ʼn refrein. God se reputasie of die mens s’n.

Dit gebeur nie dikwels dat die twee saam val nie. Die mens moet meermale ʼn keuse maak. Hierdie Kersfees stel ieder en elk weer voor ʼn keuse. Wat maak jy met die Christuskind?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.