ToekomsVenster: Bekommernis maak siek

vriendskap-kinders

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Die wêreld waarin ons woon word toenemend onvriendelik en geniepsig. Verskeie realiteite dring hul aan ons op en gelowiges is uiteraard nie daarvan gevrywaar nie. Dit is veral ekonomiese uitdagings wat die potensiaal het om ʼn mens te verlam en te ontsenu.

Uiteraard is niemand daarvan gevrywaar nie. Dit is ook heel dikwels Koninkrykswerk wat skade lei omdat bykans almal in ʼn oorlewingstryd gewikkel is. Bedieninge moet derhalwe bedrewe en verantwoordelik bestuur word. Luukshede kan die Here se werk heeltemal kelder.

Dit is binne hierdie konteks dat die Here se belofte dat Hy sorg en versorg troos en sekuriteit bied. Die perikoop in Matteus 6 is oor bekend. Nie minder as vier keer word gelowiges aangesê om nie te bekommer nie. Dit is ʼn teken van kleingeloof, eintlik ongeloof. Daaraan wil niemand skuldig wees nie.

Die futiliteit van bekommernis word grafies demonstreer daarin dat ʼn mens nie jou lewe kan verleng deur te bekommer nie. Daar is sprake van ʼn uur maar die teks kon maar na ʼn minuut verwys het. Die lewe is ʼn gawe van God en elke asemteug kom van Hom.

Drie keer word na die natuur verwys. Die wilde voëls, die veldlelies en die gras van die veld word as voorbeelde genoem. God sorg vir alles. Hoeveel te meer vir sy kinders.

Die laaste vers in die gedeelte is besonder troosryk. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

Mag jy vandag troos vind in hierdie waarhede.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Von ·

Dankie Here Jesus vir genade vir n mensekind sonder dit kan ons nie bestaan nie

Johan ·

Dankie Here dat U in ons lewens is. Dankie vir al U genade en seëninge Here. Amen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.