Sing ’n lied tot eer van God, sing tot eer van sy Naam, maak ’n pad vir Hom wat op die wolke ry, en jubel voor Hom wie se Naam Here is. – Psalm 68:5
Die Bybel gebruik taal wat die verbeelding aangryp ten einde ons iets van die grootheid en mag van God te laat besef. Is dit nie die mooiste beelde nie? “God wat op die wolke ry.”
In my geestesoog kan ek hierdie wonderbare Held van ons sien sit (ja, net die buitelyne, iets van ʼn heerlikheid wat nie met mensewoorde beskryf kan word nie) in aantog, triomfantelik en oorwinnend. (Lees Esegiël 1:25-28.)
1 Samuel 22, dit word ook in Psalm 18 herhaal, gebruik die mooiste woorde om God in aantog in belang van sy kind te beskrywe. Lees dit gerus.“Van Bo af het Hy sy hand uitgesteek en my gered van my vyand wat vir my te sterk was”… wonderlik!
- Bel Drienie by 011 665 2017 of besoek ons by www.toekomsvenster.co.za asook www.toekomsvenster.bybelmedia.org.za vir inligting oor ʼn verskeidenheid stiltetydhandleidings, kleingroep-DVD asook preeksketse vir leraars en gemeentes.