Lees Kolossense 2:6-15
Ek wonder of jy van verbasing opgespring en dit uitgejubel het toe jy die gedeelte gelees het. Waarom? Oor die grootsheid van jou erfenis wat ontsaglike betekenis aan jou lewe gee! Ek kom agter baie gelowiges dink aan hulle erfenis as iets wat hulle “eendag” sal ontvang wanneer hulle hemel toe gaan. Dit kan tog nie al wees nie.
Nee, hier word gesê dat die volle wese van God in Christus beliggaam was (v9). Met ander woorde, dit was in sy liggaam hier op aarde dit alles inhou en omvat? Kyk ‘n oomblik na die skepping en dink na oor die grootsheid daarvan. Die detail van die makroskepping in die heelal, maar ook die mikroskepping, dit wat ons nie eers kan sien nie of skaars kan sien. Dink net aan die lewe in die see wat ons deesdae danksy onderwaterfotografie kan sien. Dink aan die intelligensie en die grootsheid van die God wat dit alles tot stand gebring het. Sy volheid was in Christus op aarde teenwoordig!