ToekomsVenster: Betekenis deur jou funksie in die liggaam


ToekomsVenster-3-voorblad

Die ToekomsVenster stiltetyd-dagboek. Foto: Verskaf.

Lees Efesiërs 4:9-16

Het jy geweet jy het ‘n funksie in die liggam van Christus? God het reeds aan jou al die gawes en die toerusting gegee om hierdie funksie te kan vervul. God het jou in ‘n gemeente geplaas waar daar mense is wat die gawe van lering het sodat jy vir hierdie funksie toegerus en opgebou kan word. God se doel daarmee is dat jy ‘n volwasse en volgroeide mense sal word, volwasse in die geloof; iemand wat nie meer maklik deur allerhande vals leringe mislei word nie.

Miskien is jy bang vir die vraag: ” Wat is jou funksie in die liggaam?” Weet jy al? Indien wel, is ek seker jy begin iets beleef van God se grootsheid en van die voorreg om nie hierdie moeilike reis op aarde op jou eie aan te pak nie. Indien nie, glo ek daar sal by jou, na die nege weke se kyk na navolging van Christus, ‘n groter verlange wees om dit te ontdek. Waarom wag?

Praat met die Here hieroor en vra vir Hom wat die volgende stap vir jou is.

  • Wonder jy waar en hoe ‘n mens die stiltetyd-dagboek vir 2015 kan bekom? Jy bestel dit deur vir Drienie te skakel by 011 665 2017 of deur ʼn e-pos te stuur aan [email protected]. Loer ook gerus in by die webadres: toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.