ToekomsVenster: Betekenis deur jou storie


skryf-jou-eie-storie

Argieffoto.

Lees 2 Korintiërs 1:3-7

Wanneer jy in navolging van Christus ‘n pad van gehoorsaamheid aan God begin loop, soos Paulus gedoen het, kry jou storie ervaring en betekenis. Jy ontdek God is altyd teenwoordig en Hy laat jou nooit alleen nie. Jy ervaar sy bemoediging en troos wanneer dit moeilik gaan. Jy ervaar sy leiding en raad wanneer jy nie weet watter kant toe nie. Dit is waarvan Paulus hier getuig. Uit hierdie ervaring kan Paulus dan sê: “Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig” (v 4b). Let daarop dat Paulus of die Bybel nêrens ‘n gemaklike, gerieflike pad sonder probleme beloof nie. Nee, ons leef in ‘n gebroke wêreld en alles sal nie altyd reg verloop nie. Ons getuienis is dan juis dat ons God se aanraking, bemoediging en troos in alle omstandighede ervaar.

Dit is Hy wat betekenis in en deur alles aan jou lewe gee; die wete dat Hy op pad is met jou en dat Hy jou, met jou unieke storie, wil gebruik om weer ander te bemoedig. Ek sien gereeld hoe mense wat ‘n pad van dissipelskap loop dit begin ervaar, en hoe dit dan betekenis aan hulle lewe gee. Dit is ontsaglik vervullend as ‘n mens ervaar hoe God jou lewe en jou storie gebruik om ook met ander mense te praat en in hulle te werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.