ToekomsVenster: Beweeg na onder

euphorbia-milii-kroon-van-dorings

Foto: Pixabay.com

“Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ’n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word.” – Filippense 2:6-7

Die reis na die kroon kom deur die kruis. Jesus het Sy hemelse kroon neergesit en die doringkroon op die diepste, donkerste plek vir ons opgeneem. Wanneer die kinders van die Koning kies om Hom te volg, moet hulle weet dat dit ook hulle voorland is. Daarom gee Jesus ook aan hulle die versekering dat dit wat vir hulle in die wêreld voorlê moeilik sal wees, maar dat hulle moet moed hou, want Hy het die wêreld reeds oorwin (Johannes 16:33).

Die skrywer van die Hebreërbrief bemoedig sy lesers in Hoofstuk 12 met ’n besondere fokus op Jesus wat ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, die kruis verduur het.

Geliefde in die Here; daar is vandag baie valse dwaalleer wat ’n valse evangelie van gemak en voorspoed wil voorhou. Dit is nie die evangelie nie! Die evangelie is die boodskap van verlossing wat kom deur ’n kruis en die volgelinge van Jesus sal ook daardie roete stap.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Dries ·

Voorspoed teologie is ‘n gevaarlikke dwaalleer. My verhouding met die Here is ook al bevraagteken in ‘n tyd wat moeilik was, maar eintlik moet mens vir sulke mense lag, dis onsin. Ons kan die sekere troos niks! kan ons van GOD se liefde skei nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.