ToekomsVenster: Beweging na binne

ligtoring

Foto: Pixabay.com

“Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” – Matteus 5:14-16

Die koninkryk van God is ook ’n beweging na binne. Hoe meer die Koning die heerskappy in my lewe voer, hoe meer word dit sigbaar vir ander.

Ons het in die radikale grondwet gesien hoe dit van die godsdiens van die dag verskil het. Hier is ’n paar gevolge wanneer die koninkryk van God groei in die lewe van gelowiges:

1. Hulle is meer sigbaar
2. Hulle verbeter die samelewing
3. Hulle delf dieper
4. Hulle het ’n hoër uitkyk

Delf dieper

Lees Romeine 7:1-25 in stil afsondering deur.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.