ToekomsVenster: Beweging na bo

doring-kroon-kruis-teks-bybel

Foto: Jclk8888/Pixabay.com

“Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig, en elke tong sou erken: ‘Jesus Christus is Here!’ tot eer van God die Vader.” – Filippense 2:9-11

Jesus se reis na bo is ook die reis van elkeen wat agter Hom aanstap. Dit was juis Sy hemelvaart wat die dissipels gehelp het om te bly hoop, selfs al het die wederkoms langer geneem as wat hulle verwag het. Trouens, Petrus herinner ons deur 2 Petrus 3:8-13 dat ons in genadetyd leef; die tyd waarin ons nog ’n kans het om tot inkeer te kom en ons voor te berei vir die koms van die Koning.

Jesus se lewe wys vir ons dat daar ’n kroon is na die kruis, dat daar waters van vrede en rus is na die doodskaduwee, dat daar ’n reis na bo is nadat die reis na onder onderneem is. Juis daarom moet ons Hom volg, want die einde is seker (Filippense 3:14).

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.